Ons visie
By Laerskool Northmead ontwikkel ons die kind tot volle potensiaal as mens. Die basis van onderrig is Christelike waardes en norme en ons leer ons kinders om verantwoordlikheid te aanvaar vir hul talente en regte.
By Laerskool Northmead word die kinders begelei deur kwaliteit onderrig en ’n georganiseerde milieu tot afgeronde persone. Deur moedertaal onderrig streef ons daarna om die kind geestesweerbaar te maak en om sy vaardighede gebalanseerd te ontwikkel vir die eise van ons tyd.
Ons skool beskik oor gehalte opvoeders en voldoende fasiliteite om leerders te lei in hulle ontwikkeling tot volle potensiaal. In hierdie strewe speel ons ouergemeenskap ’n integrale deel van die opvoedingspan.


Ons missie
Dit is vir ons belangrik dat:
- Onderrig sal geskied vanuit ’n Christelike Perspektief
- Hoë Akademiese standaarde gehandhaaf word
- Personeel bekwaam en kundig sal wees
- Leerders Fisies sal ontwikkel
- Leerders as kultuur wese ontwikkel
- Leerders gemotiveer word hulle volle potensiaal te bereik
- Ouers ’n integrale rol as prominente deel van die opvoedingspan sal speel
- ’n Harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat geskep word
Die hoogste vlak van Effektiewe bestuur verseker word
Ons het ‘n skool, die beste skool
Northmead is sy naam
Ons deel in al sy lief en leed
Ons leuse is Trek Saam
Ons werk saam, ons speel saam, ons trek saam
En Northmead is ons naam
Ons berei ons hier vir die lewe voor,
Op iedere terrein
Ons hou sy Naam altyd hoog bo
Ons min hom groot en klein
Ons werk saam, ons speel saam, ons trek saam
En Northmead is sy naam
Die skool begin om 07:30 en sluit om 13:00 vir die Graad 1- en 2-leerders en om 13:45 vir die Graad 3- tot 7- leerders.
Verpligte boekfooi is betaalbaar op die eerste skooldag.
Die skoolfonds per leerder kan eenmalig (aan die begin van die jaar) of maandeliks betaal word. Verskeie kortings word toegestaan soos deur die Beheerliggaam goedgekeur.
DIE DOEL VAN SKOOLDRAG
Skooldrag verfyn die algemene voorkoms van leerders.
Skooldrag kweek ‘n samehorigheidsgevoel en trots vir die skool by die leerders.
Skooldrag het opvoedkundige waarde deurdat dit dissipline aanwakker en aan alle leerders ‘n gelykwaardige voorkoms bied.
Skooldrag bou die beeld van die skool verder uit.
Skoene: Swart skoolskoene: toerygskoene of met bandjie.
Kleurbaadjie: Moet met ‘n wit skoolhemp gedra word.
Trui: Amptelike skooltrui.
Broekie: Donkergroen broekie.
Kouse: Kort, wit skoolsokkies.
SOMERSDRAG
Amptelike skoolrompie met wit skoolhempie by leweransiers verkrygbaar.
WINTERSDRAG
Serp: Suiwer donkergroen serp in winter.
Grys langbroek met wit skoolhempie; daarmee saam amptelike skooltrui en/of kleurbaadjie
Kouse: Lang grys skoolkouse. Skoene: swart skoolskoene.
SOMERSDRAG
Grys kortbroek.
Wit skoolhempie.
WINTERSDRAG
Grys langbroek met wit skoolhempie; daarmee saam amptelike skooltrui en/of kleurbaadjie.
Dit is nie amptelike skooldrag nie, maar word wel vir sportaangeleenthede gedra. Slegs tekkies word by die sweetpak toegelaat.
Die klerebank bied tweedehandse klere aan wat nog in ‘n goeie toestand is. Hierdie diens vind op Woensdae vanaf 13:00 – 14:00 plaas
Bestuurspan





