Akademie
Ons volg die CAPS kurrikulum soos deur die departement vereis word.
Die vakke en kurrikulum soos deur wetgewing voorgeskryf, word deur gespesialiseerde fasiliteerders onderrig.
Die leerders, hul ouers en die skool het reeds op hierdie terrein sukses behaal en groei daagliks van krag tot krag.
Gespesialiseerde sielkundiges, arbeids- en spraakterapeute bedien die skool en werk op 'n gereelde basis tydens skoolure met die leerders.
'n Bekwame span remediërende onderwysers lewer voltydse diens aan leerders wat op remediëring aangewese is.
Integra – Lees- en spelremediëring word privaat op ons perseel aangebied.
Ons beskik ook oor ’n voltydse jeugmentor wat omsien na die leerders se geestelike welstand.
Goed ingerigte multimedia klas vir interaktiewe lesse.
Vakpersoneel word gevra deur die distrik om vraestelle vir die distrik se skole op te stel.
Integra RO
Die Integra remediëringsprogram is gebasseer op ‘n multi-sensoriese geïntegreerde meta kognitiewe leesbenadering, wat poog om ‘n kind se sterk punte en gawes te ontwikkel. Dit fokus nie net op die huidige skolastiese probleme in die klaskamer nie maar verryk en versterk die talente van ‘n kind.
Tydens die Integra remediëringsprogram ontvang elke leerder individuele ondersteuning op hulle vlak van onderrig. Dit is spesifiek ontwerp vir die ontwikkeling van lees, spel en wiskundige vaardighede in Afrikaans & Engels. Alle leerders word tydens hierdie program geakkomodeer om te ontwikkel tot hulle volle potensiaal. Studiemetodes word ook per geleentheid aangebied